Mali Aral (Russies: Малый Арал) is 'n dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die grootste nedersetting van die Aksaraiski Plaaslike Munisipaliteit, maar nie sy setel nie. Dit lê op die grens met Kasakstan oorkant die klein Kigatsjrivier van 'n ander dorpie, Baibek.

Geskiedenis As 'n permanente nedersetting is Mali Aral in 1881 gestig deur die Karagasjiërs, 'n subgroep van Nogai-setlaars uit Chozjetajefka, maar as 'n seisoenale nomadiese kamp het dit sedert die einde van die 18de eeu bestaan.

'n Landelike gebied naby Mali Aral is die ligging van twee belangrike mausoleums wat deur Moslem-pelgrims besoek word. Die groter klipmausoleum behoort aan Bokei-chan, die eerste leier van die Astrachanse Kasakke. Die kleiner mausoleum wat van hout gebou is, behoort aan Seid-Baba, 'n prediker van Nogai-afkoms.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Mali Aral 518 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 298 57,5% Nogais 109 21% Tartare 93 18% Tadjiks 7 1,4% Russe 4 0,8% Onbekend 7 1,4% Totaal 518 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast