Silikontetrafluoried () is 'n verbinding van silikon en fluoor. Silikon is in sy hoogste oksidasietoestand +4.
Molekuulstruktuur Die stof is by kamertemperatuur 'n baie toksiese. onbrandbare gas en sy molekules het 'n tetraëdriese vorm. Die molekule het geen dipool nie.
Kristalstruktuur Die vaste fase onder sy sublimasietemperatuur van -94,8 °C kristalliseer in 'n liggaamsgesentreerde kubiese rooster. Dit is die argetipe van die D1-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe Die stof is deur Scheele in 1771 ontdek. Dit kan gevorm word deur kalsiumfluoried (vloeispaat) met kwarts (sand) en gekonsentreerde swawelsuur te verhit:
Dit gebeur in oormaat swawelsuur om die gevormde water op te neem. Anders sal silikonfluoried (onvolledig) hidroliseer en 'n mengsel van HF, waterstoffluorosilikaat en 'n gel van kieselsuur vorm.
'n Ander manier om kleinskaalse hoeveelhede van te vervaardig is om bariumflurorosilikaat te verhit:
Die droë gas kan bo kwik versamel word.
Verwysings
Kategorie:Verbindings van silikon Kategorie:Anorganiese verbindings