Zawolzjskoje (Russies: Заволжское) is 'n dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Zawolzjskoje Plaaslike Munisipaliteit.

Zawolzjskoje is in die begin van die 20ste eeu deur Kalmikiese setlaars gestig. Die dorpie se oorspronklike naam was Ik Chosjoed.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Zawolzjskoje 1 467 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast