Priwolzje-rajon (Russies: Приволжский район) is 'n administratiewe rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit lê in die Wolga-rivierdelta in die oblast se suidelike deel en grens an die streek se hoofstad, Astrachan. Dit is die mees bevolkte rajon in die oblast, maar het die kleinste landoppervlakte. Die rajon se setel is die dorp Natsjalowo.
Die letterlike betekenis van die rajon se Russiese naam is "naby die Wolga geleë".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Priwolzje-rajon 43 647 inwoners gehad. Etniese Russe en Tartare vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.
Etniese groepSensus 2010 Persentasie Russe 16 899 38,7% Tartare 13 303 30,5% Kasakke 7 109 16,3% Turkmene 1 802 4,1% Nogais 1143 2,6% Roma 1099 2,5% Azerbeidjanners 317 0,7% Armene 261 0,6% Ander groepe 1 303 3% Onbekend 411 0,9% Totaal 43 647 100%
Verwysings
Kategorie:Astrachan-oblast