Ramil Isjmoechambetof (Russies: Рамиль Ишмухамбетов) is 'n Nogai-geskiedkundige, etnograaf en taalaktivis van Astrachan, Rusland. Hy het 'n PhD-graad in geskiedenis aan die Kabardino-Balkariese Staatsuniversiteit behaal en werk tans as 'n dosent in geskiedenis in Astrachan.
Isjmoechambetof het verskeie navorsingsartikels gesrkyf oor die komplekse geskiedenis en veranderende identiteit van die Karagasjiërs, 'n subgroep van die Nogais wat inheems aan Astrachan-oblast is. As 'n taalaktivis werk hy aan die standaardisering en kodifikasie van sy moederdialek, Karagasjies, wat talle verskille van die literêre vorm van Nogai het.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Russiese geskiedkundiges