Nowo-Boelgari (Russies: Ново-Булгары, Tartaars: Яңа Болгар) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die Nowo-Boelgari Plaaslike Munisipaliteit. Soos baie ander nedersettings in Ikrjanoje-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Die dorpie is in 1918 deur Tataarse setlaars uit Astrachan gestig. Nowo-Boelgari se geskiedenies en die plaaslike tradisies word in die boeke van Sjamil Sirazjetdinof beskryf.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Nowo-Boelgari 499 inwoners gehad. Etniese Tartare vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010PersentasieTartare 256 51,3%Kasakke 73 14,6%Russe 57 11,4%Aware 12 2,4%Grieke 6 1,2%Oesbeke 6 1,2%Tsjetsjniërs 6 1,2%Boelgare 4 0,8%Lakke 4 0,8%Onbekend 67 13,3%Totaal499100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast