Kabelo Gwamanda is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Mei 2023 as die burgemeester van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit dien. Hy is die munisipaliteit se negende burgemeester sedert die 2016-verkiesing. Gwamanda is 'n lid van die klein Moslem party Al Jama-ah wat slegs drie op die stadsraad van 270 setels beklee.
Op 13 Augustus 2024, nadat hy onder druk gekom het van Al Jama-ah se koalisievennoot, die ANC, het Gwamanda sy bedanking as Johannesburgse burgemeester aangekondig, wat in werking getree het op 16 Augustus 2024 met die verkiesing van 'n nuwe burgemeester.
Gwamanda is op 20 Oktober 2024 gearresteer vir bedrog wat verband hou met sy rol in 'n beweerde begrafnispolisbedrogspul wat hy in 2011 bedryf het. Gwamanda is ook op 10 November 2024 afgedank uit sy rol as Johannesburg se Lid van die Uitvoerende Komitee vir Gemeenskapsontwikkeling nadat hy daarvan beskuldig is dat hy aan 'n bedrieglike begrafnisversekeringskema deelgeneem het. Burgemeester Dada Morero het Gwamanda uitgeskop nadat hy hom geskors het terwyl 'n interne ondersoek gedoen is.Kamogelo Moichela, (10 November 2024), Morero fires corruption-accused Kabelo Gwamanda, replaces him with PA’s Tebogo Nkonkou, Independent Online, Besoek 10 November 2024.
Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters