duimnael|Sweedse vuurhoutjies
'n Vuurhoutjie is 'n gereedskap waarmee vuur maklik gemaak kan word.
In 1827 het 'n Brit, John Walker, houtjies in swawel gedoop saam met 'n stof wat maklik suurstof vrygestel het. Omdat hulle dikwels spontaan ontbrand het, was hierdie vuurhoutjies egter hoegenaamd nie veilig nie. In 1844 het die Sweedse chemikus Gustaf Erik Pasch die "Säkerhets-Tändstickan", oftewel veiligheidsvuurhoutjie, uitgevind wat hierdie probleem opgelos het. Aan die vuurhoutjie se kop het hy kaliumchloraat aangebring, en aan 'n strokie skuurpapier op die dosie is fosfor aangebring. Die houtjies het nou slegs ontbrand as hulle teen die strykvlak afgestryk is. Vandag bestaan die kop om die helfte uit kaliumchloraat en 5% uit swawel en die strykvlak bevat rooi fosfor en glaspoeier.
Vuurhoutjies word dikwels van die vuurhoutjiepopulier se hout vervaardig. Dit is 'n Noord-Amerikaanse boomspesie wat vir hierdie doeleinde in Suid-Afrika ingevoer is, en nou in al nege provinsies ingeburger is.
Kyk ook Vuurhoutjiebos
Verwysings
Kategorie:Gereedskap Kategorie:Vuur