Mikhail Krutikov (gebore 23 Maart 1957 in Moskou, Sowjetunie; Afrikaanse transliterasie: Michail Kroetikof) is 'n Amerikaanse letterkundige, joernalis en Jiddisjis. Hy is 'n professor in Joodse studies, Slawiese tale en letterkunde aan die Universiteit van Michigan.

Publikasies Krutikov is 'n lid van The Forward se redaksie en permanente rubriekskrywer vir die koerant se Jiddisje afdeling. Sy artikels het verskyn in die tydskrifte Di Pen en Di Tsukunft. Saam met Gennadi Estraich is hy een van die twee redakteurs van die akademiese joernaal East European Jewish Affairs.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse letterkundige kritici Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Jiddisjiste