Solombala-Engels is 'n uitgestorwe Engels-Russiese pidgintaal wat tussen die 18de en 20ste eeu gepraat is deur die plaaslike handelaars en buitelandse matrose in Archangelsk se hawebuurt Solombala.

Solombala-Engels se grammatika toon ooreenkomste met Russenorsk, 'n ander handelstaal wat eens in die Noordpoolgebied gebruik is. Volgens die taalkundige Johanna Laakso toon albei kontaktale die invloed van die gebied se inheemse Oeraalse tale. Daar word byvoorbeeld gesê dat die werkwoordagtervoegsel 'n Fins-Oegriese oorsprong het.

Voorbeelde Vat ju vanted, asej!Wat wil jy hê, matroos?Kom milek drinkom.Kom drink bietjie melk.Baem buč, šus, asej!Koop stewels, skoene, matroos!

Verwysings

Kategorie:Tale van Rusland Kategorie:Engelsgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Russiesgebaseerde pidgin- of kreooltale