HD 37974 (of R126) is 'n veranderlike B[e]-hiperreusB[e]-sterre is B-tipe sterre met ontoelaatbare spektraallyne. in die naburige sterrestelsel die Groot Magellaanse Wolk. Dit word omring deur 'n onverwagte stofskyf.
Eienskappe R126 is 'n swaar, helder ster met verskeie ongewone eienskappe. Dit toon die B[e]-verskynsel, waar ontoelaatbare emissielyne in die spektrum voorkom vanweë 'n groot hoeveelheid sirkumstellêre materiaal. Die spektrum toon ook normale (toelaatbare) emissielyne wat in digter materiaal naby die ster gevorm word, en dit dui op 'n sterk sterwind. Die spektrum toon ook lyne wat op 'n stowwerige skyf dui.
Die ster self is 'n warm superreus met 'n massa van vermoedelik sowat 70 keer dié van die Son en 'n ligsterkte van sowat 'n miljoen keer die Son s'n. Dit is so groot en helder dat dit materiaal 'n miljard keer so vinnig as die Son verloor. In 25 000 jaar sal dit meer materiaal verloor as wat die Son bevat.
Dit sal na verwagting oor 'n paar honderduisend jaar tot 'n Wolf-Rayetster ontwikkel.
Stowwerige skyf Die stofskyf om R126 is verbasend, want sulke swaar sterre word beskou as ongeneë om planete te vorm vanweë die sterk sterwinde wat dit moeilik maak vir deeltjies om saamgepers te word. Die nabygeleë superreus HD 268835 toon dieselfde eienskappe en het vermoedelik ook 'n stofskyf.
Die skyf strek om die ster tot omtrent 60 keer so ver as Pluto se wentelbaan om die Son en bevat moontlik net soveel materiaal as die hele Kuipergordel. Dit is onduidelik of so 'n skyf die begin- of eindstadiums van planeetvorming verteenwoordig.NASA's Spitzer Uncovers Hints of Mega Solar Systems , Nasa.gov, accessed 11 Feb 2006
Veranderlikheid R126 se helderheid wissel onvoorspelbaar met sowat 0,6 magnitude oor tydperke van tientalle tot honderde dae. Die vinniger wisselings is tipies van α Cygni-veranderlikes, ongereeld pulserende superreuse.
Die stadiger wisselings gaan gepaard met veranderings in die ster se kleur: rooier wanneer dit helderder is – tipies van die S Doradus-fases van helder blou veranderlikes.
Notas
Verwysings
Skakels
Kategorie:B-tipe hiperreuse Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Swaardvis (sterrebeeld) Kategorie:Magellaanse Wolke Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre buite die Melkweg