Westerlund 1-237 (algemeen afgekort as Wd 1-237) of is 'n moontlike rooisuperreus in die sterrebeeld Altaar. Dit is dalk een van vier bekende rooisuperreuse in die sterreswerm Westerlund 1. Sy posisie, spektrum en parallaks dui egter daarop dat dit 'n rooireus op die voorgrond kan wees. As 'n rooisuperreus sal dit een van die grootste en helderste bekende sterre van sy soort wees.
Fisiese eienskappe 300px|thumb|links|Westerlund 1-237 vergeleke met die drie ander rooisuperreuse in die sterreswerm Westerlund 1.
Westerlund 1-237 word geklassifiseer as 'n koel, helder superreus wat die meeste van sy energie in die infrarooispektrum uitstraal. Dit word omring deur 'n radionewel wat soortgelyk aan dié van Westerlund 1-20 en Westerlund 1 W26 is, en direk vergelykbaar met dié van VY Canis Majoris. Die elliptiese struktuur van die newel dui egter daarop dat dit minder deur Westerlund 1 se sterwind beïnvloed is (W20 en W26 se newels is komeetvormig). Die uitvloeisnelheid van die sterwind is sowat 30 km/s.
Dit lyk of die newel self 'n massa van en 'n radius van sowat 0,3 ligjaar het. Dit dui op 'n ouderdom van sowat 3 600 jaar en 'n gemiddelde massaverliestempo van per jaar.
Die ster lê in die boonste regterkantse hoek van die Hertzsprung-Russell-diagram. Met 'n effektiewe temperatuur van 3 550 K en 'n bolometriese ligsterkte van sal Westerlund 1-237 se radius 1 241 keer dié van die Son wees; dit sal dus groter as Jupiter se wentelbaan wees. Sy aanvanklike massa is bereken op sowat of vir 'n nieroterende ster.
Westerlund 1-237 word beskou as lid van die sterreswerm Westerlund 1 (sy newel se elliptiese vorm dui aan dit is dalk nie naby die middel van W1 nie, terwyl ander rooisuperreuse soos W20 en W26 wel is).
Volgens Westerlund se 1987-ontleding is dit 'n M6+ III-tipe ster en is dit 'n voorgrondreus met 'n ligsterkte van net 1 000 keer dié van die Son.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Altaar (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe superreuse Kategorie:M-tipe reusesterre