Die Karkloof-varkblompylstert (Theretra cajus) Cr. is 'n vlinder wat aan die pylsterte (Sphingidae) behoort en in Suid-Afrika voorkom. Die verwysing het Karkloof-varkbrompylstert, wat dalk 'n typfout is.

Hulle roltong is 25 - 30 mm lank en in Mount Gilboa (KwaZulu-Natal) is die stuifmeel van Gladiolus longicollis daarop aangetref.

Die mot se ruspes kan op Zantedeschia aethiopica as gasheerplant geteel word en sy eiers is ook op hierdie plant aangetref.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Motte