Die dronkbessie (Solanum africanum) is 'n meerjarige struik wat deel is van die Solanaceae familie. Die plant is endemies aan KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die struik word tot 3m hoog en blom reg deur die jaar. Die bessie is persswart en word tot 15mm in diameter. Die plant is deel van die fynbos.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Solanum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika