RSGC1-F01 is 'n rooisuperreus wat in die oop sterreswerm RSGC1 in die sterrebeeld Skild lê. Sy radius word op sowat 1 530 sonmassas geraam, wat dit een van die grootste sterre maak wat nog ontdek is. Sy volume is 3,58 miljard keer so groot soos dié van die Son.
Nog 'n ster in RSGC1 is feitlik net so groot of dalk groter. RSGC1-F02 word geraam op tussen 3,37 en 3,72 miljard keer so groot soos die Son wat volume betref. As een van dié sterre in die middel van die Sonnestelsel geplaas word, sal hulle buitenste skil verder as Jupiter se wentelbaan strek.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Skild (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe superreuse