Die varkoorpylstert of varkblompylstert (Hippotion eson) is 'n pylstert wat algemeen in die hele Afrotropiese gebied, insluitend Suid-Afrika, Madagaskar en die Seychelle voorkom. Die spesie onderneem ook migrasies. Sy wetenskaplike naam is eers in 1779 deur die Nederlander Pieter Cramer gepubliseer.

In die Wes-Kaap is die ruspe se gasheerplante veral rankplante in die somer, en die blare van Zantedeschia-spesies (varkoor, varkblom) in die winter. Die mot se ruspes kan op Impatiens walleriana, Zantedeschia aethiopica, Vitis vinifera vinifera, Colocasia esculenta as gasheerplant geteel word. Die insek is in die wynbougebiede van die Wes-Kaap nie van groot ekonomiese belang nie, maar dit kan 'n plaag veroorsaak as dit in nuwe gebiede ingevoer word.

Die varkoorpylstert is in KwaZulu-Natal op die blomme van die orgidee Mystacidium venosum aangetref en bestuif dit. Die blomme word dalk vroeg saans op sig gevind. In Kameroen bestuif dit die orgidee Cyrtorchis okuensis..

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Motte