Mystacidium venosum Harv. ex Rolfe is 'n soort orgidee wat in Suid-Afrika, Eswatini en Mosambiek voorkom. In Suid-Afrika word dit in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga aangetref.
Dis 'n epifiet wat wit blomme dra met lang spore. Die plant groei op verskeie gasbome soos Ficus natalensis, Ekebergia capensis en Podocarpus latifolius. Uitheemse soorte soos Mangifera indica en Cupresus en Pinus-spesies kan ook gasheer wees. Die blomme skei in die namiddag en vroeë aand nektar af wat veral uit 'n verdunde sukroseoplossing bestaan. Saans word geurstowwe soos Jasmyn-lakton en (E,E)-farnesol uitgeskei. Die blomme word deur pylsterte bestuif wat se roltong met pollinaria bedek raak. Bestuiwing vind plaas deur soorte soos Nephele accentifera en die varkoorpylstert Hippotion eson.
Verwysings
Eksterne skakels
venosum Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika