Die Wollerige geelkeurboom (Calpurnia woodii) is 'n struik wat deel is van die Fabaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal in die Boesmansriviervallei naby Estcourt voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 20 km² en daar is twee subpopulasies. Die subpopulasie binne die natuurreservaat is veilig terwyl die subpopulasie buite die reservaat bedreig word deur oorbeweiding en te veel veldbrande.
Die boom se FSA-nommer is 219.5.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Calpurnia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika