Groothertogin Maria Aleksandrowna (Russies: Мария Александровна; - 24 Oktober 1920) was die vyfde kind en enigste oorlewende dogter van Aleksander II van Rusland en sy vrou, Marie van Hesse en by Ryn.Gilbert, Alexander II and Tsarkoe Selo, p. 40Mandache, Dearest Missy, p. 5 Sy was die Hertogin van Edinburg en later van Sakse-Koburg en Gotha as die vrou van Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha. Sy was die jonger suster van Aleksander III van Rusland en die tante van die laaste tsaar, Nikolaas II.

Lewe Getroude lewe links|thumb|180px|Die verlowingsfoto van groothertogin Maria en prins Alfred, 1873. thumb|180px|Groothertogin Maria en haar kinders.

Maria is in 1874 getroud met prins Alfred, die Hertog van Edinburg, die tweede oudste seun van koningin Victoria en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha.Van der Kiste, Alfred: Queen Victoria's Second Son, loc 2267 Om dit te vier, het ’n klein Engelse bakkery die nou internasionaal gewilde Mariebeskuitjie gemaak, met die hertogin se naam bo-op gegraveer. Sy was die enigste lid van die Huis van Romanof wat in die Britse koninklike familie ingetrou het. Die egpaar het vyf kinders gehad: Alfred, Marie, Victoria Melita, Alexandra en Beatrice.

Maria het die eerste paar jaar van haar huwelik in Engeland gewoon. Sy het nooit by die Britse hof aangepasZeepvat, The Camera and the Tsars, p. 94 of haar afkeer van haar aangenome land oorkom nie. Sy het haar man vergesel op sy verplasings as admiraal van die Britse vloot in MaltaMandache, Dearest Missy, p. 13 (1886-'89) en Devonport (1890-'93).

Die Hertogin van Edinburg het baie deur Europa gereis. Sy het haar familie in Rusland dikwels besoek en vir lang tye in Engeland, Rusland en Duitsland gewoon waar sy familie- en sosiale aangeleenthede bygewoon het.

In Augustus 1893 het Maria die Hertogin van Sakse-Koburg en Gotha geword toe haar man die hertogdom van sy kinderlose oom, Ernst II, geërf het.Mandache, Dearest Missy, p. 137 Sy het die lewe in Duitsland geniet en was daar aktief in kulturele aangeleenthede en welsynwerk. Sy het haar dogters baie ondersteun, maar was krities teenoor haar eiesinnige seun, Alfred, wat in 1899 oorlede is. Haar man is in 1900 oorlede.Gelardi, From Splendor to Revolution, p. 171

Latere lewe Ná haar man se dood het sy in Koburg gewoon. In die Eerste Wêreldoorlog was haar lojaliteit verdeel. Sy het Duitsland se kant gekies teen dié van haar geboorteland.Beéche, The Coburgs of Europe, p. 222.

Baie van haar familielede, insluitende haar broer Paul en haar broerskind tsaar Nikolaas II is in die Russiese Rewolusie dood en sy het haar aansienlike fortuin verloor.

Ná die oorlog het die Hertogdom van Sakse-Koburg en Gotha in November 1918 ophou bestaan. Maria is in 1920 doodSullivan, A Fatal Passion, p. 346 terwyl sy in bannelingskap in Switserland gewoon het.

Verwysings

Aangehaalde bronne

Beéche, Arthur E. The Coburgs of Europe. Eurohistory.com, 2014. Gilbert, Paul. My Russia: The Children's Island, Alexander Park, Tsarkoye Selo. Gepubliseer in Royal Russia: a Celebration of the Romanov Dynasty & Imperial Russia in Words & Photographs. No 4. Gilbert's Books, 2013. Gelardi, Julia P. From Splendor to Revolution: The Romanov Women 1847–1928. St Martin Press, 2011. Mandache, Diana. Dearest Missy. Rosvall Royal Books, 2011, Nelipa, Margarita. Alexander III His Life and Reign. Gilbert's Books, 2014. Sullivan, Michael John. A Fatal Passion: The Story of the Uncrowned Last Empress of Russia, Random House, 1997, Van der Kiste, John. Alfred: Queen Victoria's Second Son. Fonthill Media, 2015. .(Kindle-uitg.). Zeepvat, Charlotte. The Camera and the Tsars, Sutton Publishing, 2004. .

Skakels Portrette van Maria Aleksandrowna in die Nasionale Portretgalery in Londen

Kategorie:Huis van Romanof Kategorie:Geboortes in 1853 Kategorie:Sterftes in 1920