Die druiwepylstert (Theretra capensis) is 'n vlinder wat aan die pylsterte (Sphingidae) behoort en in Suid-Afrika voorkom.

Die gasheerplante van die druiwepylstert se ruspes is beperk tot soorte van die Vitaceae, waaronder die wingerdstok Vitus vinifera. Die druiwepylstert is saam met Hyles lineata die enigste bestuiwers van die oktoberlelie Bonatea speciosa (Habenariinae). Die larwes is slegs selde 'n probleem in gevestigde wingerde, maar hulle kan in kwekerye tot ontblaring lei.

Die mot kan op Cissus sp., Parthenocissus tricuspidata, Vitis vinifera vinifera of Rhoicissus tridentata as gasheerplant geteel word.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Motte