Die Vrystaatse geelkeurboom (Calpurnia reflexa) is 'n struik of boom wat deel is van die Fabaceae familie. Die spesie is inheems in Lesotho en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die plant in die Oos-Kaap en die Vrystaat voor. Die plant word beskou as seldsaam en daar is minder as tien subpopulasies bekend. Die plant groei op hoë hoogtes bo 1800 m in ravyne.

Die boom se FSA-nommer is 220.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Calpurnia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika