duimnael|Lande waar die Duitse Wikipedia die belangrikste weergawe is duimnael|Tydlyn duimnael|Gebruikergroepe
Die Duitstalige uitgawe van Wikipedia is op 16 Maart 2001 begin en is tans die grootste aanlyn ensiklopedie volgens die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse en Cebuano Wikipedias.:meta:List of Wikipedias Dit bevat tans artikels.
Geskiedenis Die Duitse Wikipedia was die eerste nie-Engelse Wikipedia wat geskep is. Dit is op 16 Maart 2001 deur Jimmy Wales aangekondig.Jimmy Wales: Alternative language wikipedias, 16 Maart 2001 Die eerste bydrae op die Wikipedia word op 12 Mei 2001 gemaak.Die eerste artikel was Polymerase-Kettenreaktion Hoewel die Katalaanse Wikipedia eers later geskep is, was dit die eerste om nie-Engelse artikels te bevat.
Aantal artikels Op 27 Desember 2009 het die Duitse uitgawe meer as 1 000 000 artikels gehad en op 19 November 2016 2 miljoen. 98% persent van die artikels het meer as 200 karakters gehad, 88% het meer as 512 grepe gehad, 42% was groter as 2 kB, en die gemiddelde artikel was 3698 grepe of 410 woorde lank.http://stats.wikimedia.org/EN/TablesWikipediaDE.htm 19 Desember 2006
Datum Aantal artikels 23 Maart 2001 amptelike oprigting 12 Mei 2001 eerste operasie 24 Januarie 2003 10 000 27 Julie 2003 25 000 8 Februarie 2004 50 000 13 Junie 2004 100 000 15 Februarie 2005 200 000 28 Junie 2005 250 000 7 Oktober 2005 300 000 18 Mei 2006 400 000 23 November 2006 500 000 18 Junie 2007 600 000 30 Januarie 2008 700 000 17 Mei 2008 750 000 6 September 2008 800 000 4 Mei 2009 900 000 27 Desember 2009 1 000 000 29 Julie 2010 1 100 000 9 Maart 2011 1 200 000 24 Junie 2011 1 250 000 16 Oktober 2011 1 300 000 30 April 2012 1 400 000 18 November 2012 1 500 000 24 Junie 2013 1 600 000 21 Maart 2014 1 700 000 25 Augustus 2014 1 750 000 15 Januarie 2015 1 800 000 23 Januarie 2016 1 900 000 19 November 2016 2 000 000
Voorbeeld 'n Voorbeeld van 'n Duitse artikel wat oor Afrikaans handel kan gelees word by :de:Afrikaans.
Verwysings
Eksterne skakels
Die Duitse Wikipedia se tuisblad Webwerf met die Duitse Wikipedia soos in 2001 Statistik Deutsche Wikipedia – statistiek vir die Duitse Wikipedia Feite or die Duitse Wikipedia op Meta
Wikipedia Kategorie:Wikipedias volgens taal