Die Nederlandse weergawe van Wikipedia is op 19 Junie 2001 gestig en is sedert April 2022 die sesde grootste weergawe van hierdie aanlynensiklopedie gemeet aan die aantal artikels (tans ) wat dit bevat, na die Engelse, Cebuano, Sweedse, Duitse en Franse Wikipedias.:meta:List of Wikipedias

Sterk groei duimnael|links|Groei van die Nederlandse Wikipedia (aantal bladsye in duisende)

Op 27 Januarie 2005 verskyn die 50 000ste artikel en nog dieselfde jaar, op 14 Oktober word die mylpaal van 100 000 artikels bereik.Wikipedia-NL over de 50.000 Telegraaf, 30 Januarie 2005.

Op 24 Mei 2006 word die 200 000ste artikel gepubliseer en op 26 Desember 2006 word die grens van 250 000 artikels verbygesteek.Wikipedia bereikt mijlpaal van 250.000 artikelen Telegraaf, 28 Desember 2006. Die mylpaal van 300 000 artikels word op 29 Mei 2007 bereik.Wikipedia bereikt mijlpaal van 300.000 artikelen Algemeen Dagblad, 29 Mei 2007. Op 30 November 2008 word die 500 000ste artikel bygevoeg, en op 11 Desember 2011 bereik die Nederlandse Wikipedia die mylpaal van 1 000 000 artikels. In April 2013 steek die Nederlandse Wikipedia ook 1 500 000 artikels verby, nadat die Nederlandssprekendes se Wikipedia 'n maand vroeër groter as die Franse Wikipedia geword het.

Besoeke Uit die hele Wikipedia-projek se soektogte maak die Nederlandse Wikipedia 1,2% uit. Tussen 1 November 2011 en 31 Oktober 2012 word die Nederlandse Wikipedia die meeste besoek deur gebruikers in:

(70,5%) (24,6%) (0,7%) (0,6%) Ander (3,6%)

Die Nederlandse Wikipedia word die meeste gelees: In Nederland word die Nederlandse Wikipedia 60,2% van die kere besoek, gevolg deur die Engelse Wikipedia (32,7%) en Duitse Wikipedia (1,8%). Op die voormalige Nederlandse Antille word die Nederlandse Wikipedia 17,2% van die kere besoek, oorskadu deur die Engelse Wikipedia (69,0%). In Aruba word die Nederlandse Wikipedia (13,3%) naas die Engelse Wikipedia (72,8%) besoek. In België word die Nederlandse Wikipedia 35,8% van die kere besoek, gevolg deur Frans (33,5%), Engels (24,3%) en Duits (1,6%). In Suriname word die Nederlandse Wikipedia (31,9%) ook deur die Engelse Wikipedia (61,4%) oorskadu.

Voorbeeld 'n Voorbeeld van 'n Nederlandse artikel wat maklik deur Afrikaanse gebruikers gelees kan word: :nl:Afrikaans.

Aantal artikels op hierdie oomblik Aantal artikels soos op .

Sien ook Wikipedia:Afrikaans-Nederlandse samewerking

Verwysings

Eksterne skakels

Die tuisblad van die Nederlandse Wikipedia Statistieken Nederlandstalige Wikipedia – statistieke vir die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Nederlands Kategorie:Wikipedias volgens taal