duimnael|upright|Camille Claudel (links) en die beeldhoudster Jessie Lipscomb in hul Paryse ateljee gedurende die 1880's Camille Rosalie Claudel (; 8 Desember 1864 - 19 Oktober 1943) was 'n Franse beeldhoudster wat veral bekend is vir haar beeldhouwerke in brons en marmer. Sy was tot na haar afsterwe relatief onbekend, maar het later erkenning ontvang vir haar oorspronklikheid en die kwaliteit van haar werk. Sy het as inspirasie gedien vir verskeie biografieë en rolprente, en is veral bekend vir werke soos Die Wals en Die Beleë Era.
Die nasionale Musée Camille Claudel het sy deure in 2017 in Nogent-sur-Seine oopgemaak. Claudel was vir geruime tyd 'n vennoot van die bekende beeldhouer Auguste Rodin. Die Musée Rodin in Parys het 'n kamer wat toegewy is aan haar werke.
Claudel se beeldhouwerke vorm deel van die versamelings van verskeie groot museums, insluitende die Musée d'Orsay in Parys, die Courtauld Institute of Art in Londen, die National Museum of Women in the Arts in Washington, D.C., die Philadelphia Museum of Art, en die J. Paul Getty Museum in Los Angeles.
Verwysings
Bibliografie
Lenormand-Romain, Antoinette et al. Camille Claudel and Rodin: Fateful Encounter. New York: Gingko Press, 2005. Mitchell, Claudine. "Intellectuality and Sexuality: Camille Claudel, The Fin de Siecle Sculptress," Art History 12#4 (1989): 419–447. Rivière, Anne & Bruno Gaudichon. Camille Claudel: Catalogue raisonné. Parys: Adam Biro, 2001.
Verdere leesmateriaal (bevat inligting oor Claudel)
Wilson, Susannah. "Gender, Genius, and the Artist's Double Bind: The Letters of Camille Claudel, 1880–1910." Modern Language Review 112.2 (2017): 362–380. aanlyn
Galery
Eksterne skakels
Resensie van die Claudel tentoonstelling by die Musee Rodin, Parys in 2008 Camille Claudel and Rodin: Fateful Encounter by die Detroit Institute of Arts 2005 Claudel webbladsye, insluitende biografie en tydlyn, by rodin-web.org (Engels) Camille Claudel by artcyclopedia.com (Engels) Camille Claudel, Of Dreams and Nightmares Claudel se Die Beleë Era, Ben Pollitt by Smarthistory (Engels) "La dona artista i el poder : homenatge a Camille Claudel" (oudio, 1 uur 50 minute). l'Arxiu de la Paraula. Ateneu Barcelonès, 2014.
Kategorie:Geboortes in 1864 Kategorie:Sterftes in 1943 Kategorie:Franse beeldhouers Kategorie:Christene