Hartklop is 'n Afrikaanse mediesedramareeks wat vanaf Dinsdag, 18 Julie 2023 op KykNET, DStv kanaal 144 sal uitsaai.

Die reeks speel af in ’n staatsopleidingshospitaal met mediese gevalle wat op werklike gebeure gegrond is. Tussendeur sal kykers in die dokters se persoonlike lewens ingetrek word en sien hoe hulle worstel met die impak van hulle roeping en die geweldig moeilike vraag of hulle God mag speel deur die werk wat hulle doen.

Rolverdeling

Simoné Pretorius as Dr. Elani Breytenbach Renate Stuurman as Dr. Veronica Pietersen Marlee van der Merwe as Dr. Suzanne de Jongh Carla Classen as Dr. Karima Salie Dawid Louw as Dr Louw van Onselen Jacques Bessenger as Dr. Daniel Strydom Oros Mampofu as Dr Fezile Nodada Leandie du Randt as Dr Jolene Joubert Dawid Minnaar as Prof. Gustav Coetzee Christel van den Bergh as Anke Dempsey

Hartklop, wat ’n merkwaardige 178 rolle met dialoog het, het ook verskeie ander groot name in die rolverdeling – sommige deurlopend en ander in gasrolle. Onder hierdie spelers tel Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Christo Davids, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch.

Episodes

Seisoen 1 (2023)

Produksie Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak.

“Ons het besluit om die reeks in ’n staatsopleidingshospitaal te laat afspeel omdat dit nie net verteenwoordigend van Suid-Afrika is nie, maar ook om te wys dat ons van die beste mediese fakulteite in die wêreld het,” sê Zoë. “Ons plaaslike dokters is superhelde. Daar is militêre dokters van oral oor wat Suid-Afrika toe kom vir hulle opleiding, juis omdat ons hospitale soms soos oorlogsones lyk. Dan is daar natuurlik die ander kant – die dokters se persoonlike lewens en die impak wat hulle werk daarop het.”