Erepsia villiersii is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom tussen Villiersdorp en Worcester voor. Dit is deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 2 km² en het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde en boorde. Die plant was vir 25 jaar nie gesien nie maar in 2009 is klein fragmente van die oorspronklike populasies ontdek. Die bedreigings bestaan steeds.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
villiersii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika