Die Hervorming Studiebybel (wat voorheen bekend was as die New Geneva Studiebybel) is 'n studiebybel wat uitgegee word deur Reformation Trust Publishing, 'n afdeling van Ligonier Ministries. Die doel van die Hervorming studiebybel is "om die nalatenskap van die Genève Bybel voort te sit deur die lig van Bybelse Christendom te laat skyn wat in die Hervorming herwin is."Sproul, R.C. "Introduction to the Reformation Study Bible". The Reformation Study Bible. Ge-argiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2021. Op 13 Mei 2023 herwin. Teen laat 2021 bevat alle uitgawes van die Hervorming studiebybel die Bybelteks van die English Standard Version (ESV).
Geskiedenis Vanaf 1989 het teoloog R.C. Sproul 'n span bydraers saamgestel om te werk aan 'n studiebybeluitgawe wat 'n kenmerkende gereformeerde perspektief sou volg. In 1995 het Thomas Nelson (nou HarperCollins) die New Geneva studiebybel gepubliseer (met die Bybelteks van die New King James Version); die naam van die uitgawe is in 1998 na Hervorming studiebybel verander.
In 2005 het Ligonier Ministries self 'n klein hersiening van die Hervorming studiebybel gepubliseer, wat nou die Bybelteks van die ESV gebruik.Challies, Tim (November 23, 2004). "Reformation Study Bible". Tim Challies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2021. Op 13 Mei 2023 herwin."Questions". The Reformation Study Bible. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2021. Op 13 Mei 2023 herwin.
In 2015 is 'n volledig hersiene weergawe van die Hervorming studiebybel vrygestel. Die aantekeninge is uitgebrei in 'n driekolomformaat en die teologiese en leerstellige inhoud is bygewerk. 'n Bykomende bron is agter in hierdie Bybel bygevoeg wat die Geloofsbelydenisskrifte, Kategismusse en Leerstellige dokumente bevat wat gemeen is aan Gereformeerde genootskappe.
In Februarie 2016, as gevolg van gewilde aanvraag, het Reformation Trust uitgawes van die Hervorming studiebybel vrygestel wat die teks van die New King James Version (NKJV) bevat. Reformation Trust lys R.C. Sproul, James M. Boice, Edmund Clowney, Sean Michael Lucas, Keith A. Mathison, L. Michael Morales, Stephen J. Nichols, Roger Nicole, J.I. Packer, Burk Parsons, et al. as primêre redakteurs van die 2015/2016-uitgawes van die Hervorming studiebybel."Reformation Study Bible". The Reformation Study Bible. Op 13 Mei 2023 herwin.
Aan die einde van 2021 het Reformation Trust die gebruik van die NKJV afgetree en die ESV volledig as sy Bybelteks van keuse aanvaar.
Bronne in die Hervorming studiebybel Die ESV weergawe van die Bybel bevat verskeie historiese bronne en artikels wat geskryf is deur verskeie Christelike teoloë. Van die bronne wat ingesluit is:
Die Apostoliese Geloofsbelydenis Die Geloofsbelydenis van Nicea Die Chalcedoniese Definisie van Geloof Die Nege-en-Dertig Artikels Die Heidelbergse Kategismus Die Nederlandse Geloofsbelydenis Die Dordtse Leerreëls Die Westminster Geloofsbelydenis Die Westminster Groter Kategismus Die Westminster Kleiner Kategismus Die 1689 Londen Baptiste Geloofsbelydenis.
Redakteurs van die Engelse Standaardweergawe Die ESV weergawe van die Bybel het verskeie redakteurs wat gehelp het om die Bybel te skep. Hierdie redakteurs is verbonde aan verskeie teologiese kweekskole, kolleges en universiteite wat onderrig gee in die Gereformeerde stroming van Christendom.
Algemene Redakteur Die Algemene Redakteur van die Bybel is R.C. Sproul, Drs., Ph.D.† van Ligonier Ministries.
Mede-redakteurs
James Montgomery Boice, Th.D. †* van Tenth Presbitariese Kerk, Philadelphia Edmund Clownley, S.T.M., D.D. †* van Westminster Kweekskool Kalifornië Sean Michael Lucas, Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool Keith A. Mathison, Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool L. Michael Morales, Ph.D. van Greenville Presbitariese Teologiese Kweekskool Stephen J. Nichols, Ph.D. van Gerformeerde BybelKollege Roger Nicole, Ph.D. †* van Gerformeerde Teologiese Kweekskool J.I. Packer, Ph.D. * van Regent Kollege Burk Parsons, D.Min. van Ligonier Ministries
Ou Testamentiese redakteurs
T. Desmond Alexander, Ph.D. van Union Teologiese Kollege John D. Currid, Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool Ian Duguid, Ph.D. van Westminster Teologiese Kweeksool Bryan Estelle, Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool Mark D. Futato Sr., Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool John L. Mackay, M.Litt. † van Edinburgh Teologiese Kweekskool Bruce K. Waltke, Th.D, Ph.D. (emeritus) † van Knox Teologiese Kweekskool
Nuwe Testamentiese redakteurs
Gregory K. Beale, Ph.D. van Westminster Teologiese Kweekskool Dennis E. Johnson, Ph.D. van Westminster Kweekskool Kalifornië Moisés Silva, Ph.D. (afgetree)* van Gordon-Conwell Teologiese Kweekskool Guy Prentiss Waters, Ph.D. van Gerformeerde Teologiese Kweekskool
Assistent-redakteurs
Thomas Brewer, M.Div. van Ligonier Ministries William B. Evans, Ph.D.* van Erskine Kollege Kevin D. Gardner, M.Div. van Ligonier Ministries John Mason, Ph.D.* van LCC Internationale Universiteit Robert Rothwell, M.Th. van Ligonier John W. Tweeddale, Ph.D. van Gerformeerde BybelKollege
† Oorlede voor publikasie, * Redakteurs van voorige weergawes van die Hervorming Studiebybel.
Verwysings
Kategorie:Engelse boeke