duimnael||S-IVB-206 soos gebruik vir die Skylab 2 vlug Die S-IVB was die derde fase van die Saturn V en die tweede fase van die Saturn IB lanseervuurpyle. Dit is deur die Douglas Aircraft Company gebou en toegerus met een J-2 vuurpylenjin. Vir die Maansendings is die vuurpyl tweekeer ontbrand, die eerste keer om die tuig in 'n wentelbaan om die Aarde te plaas nadat fase twee voltooi is, en die tweede keer om maanoorgangversnelling te bewerkstellig.

duimnael|links|Deursneeskets van die Saturn V S-IVB

Kategorie:Ruimtetuie