Robert Charles Sproul (13 Februarie 1939 - 14 Desember 2017) was 'n Amerikaanse Gereformeerde Teoloog en 'n predikant van die Presbeteriaanse Kerk in Amerika (PCA). Hy was die stigter en voorsitter van Ligonier Ministries (vernoem na die Ligoniervallei buite Pittsburgh, waar die bediening as 'n studiesentrum vir universiteit- en kweekskoolstudente begin het) en kon daagliks internasionaal op die radio-uitsending "Renewing Your Mind" gehoor word. Onder Sproul se leiding het Ligonier Ministries die Ligonier-Verklaring oor die Bybel se Onfeilbaarheid uitgevervaardig, wat uiteindelik sou groei tot die Chicago-Verklaring van 1978 oor die Bybel se onfeilbaarheid, waarvan Sproul, saam met Norman Geisler, een van die hoofargitekte was."Stations - Renewing Your Mind". Renewing Your Mind. Op 13 Mei 2023 herwin.Shellnutt, " reeksKate (Desember 14, 2017), "Died: R. C. Sproul, Reformed Theologian Who Founded Ligonier Ministries", Christianity Today Sproul is as "die mees invloedryke voorstander van Gereformeerde teologie in die laaste eeu" beskryf.Comas, Martin E. "Prominent theologian R.C. Sproul of Sanford dies at 78". Orlando Sentinel. Op 13 Mei, 2023 herwin."A Bright and Burning Light: Robert Charles Sproul, February 13, 1939 - December 14, 2017". albertmohler.com. Op 13 Mei 2023 herwin."Obituary: Rev. R.C. Sproul, Presbyterian theologian, founded Ligonier Ministries". Pittsburgh Post-Gazette. Op 13 Mei 2023 herwin.

Agtergrond R.C. Sproul is in Pittsburgh, Pennsilvanië, gebore as die tweede kind van Robert Cecil Sproul, 'n rekenmeester en Tweede Wêreldoorlog-veteraan, en sy vrou, Mayre Anna Yardis."Robert "R.C." Sproul". Legecy.com. Op 13 Mei 2023 herwin.Taylor, Justin (Desember 14, 2017). "R.C. Sproul (1939–2017)". The Gospel Coalition. As kind was Sproul 'n groot ondersteuner van die Amerikaanse voetbalspan, die Pittsburgh Steelers, en die Amerikaanse bofbalspan, die Pittsburgh Pirates. Hy het op skool aan atletiek deelgeneem, maar moes op 15-jarige ouderdom ophou om sy familie te kan ondersteun. Sproul het sy B.A.-graad by Westminster College in 1961 behaal, sy MDiv-graad by Pittsburgh Teologiese Kweekskool in 1964, sy Doctorandus-graad by die Vrije Universiteit Amsterdam in 1969 en sy PhD-graad by Whitefield Teologiese Kweekskool in 2001. Hy het aan verskeie universiteite en kweekskole onderrig gegee, insluitend die Gerformeerde Teologiese Kweekskool in Orlando en Jackson, Mississippi, en die Knox Teologiese Kweekskool in Fort Lauderdale.

Een van Sproul se mentors was John Gerstner, sy professor by die Pittsburgh Teologiese Kweekskool. Die twee van hulle, saam met Arthur Lindsley, nog 'n student van Gerstner, was in 1984 medeouteurs van die boek "Classical Apologetics". Ligonier Ministries, Sproul se bediening, het opnames gemaak van Gerstner wat verskeie kursusse oor teologie en die Bybel aanbied.

Sproul is in 1960 met Vesta Voorhis getroud. Hulle het twee kinders, Sherrie Dorotiak en Robert Craig Sproul.

Sproul was 'n passasier op die Amtrak-trein wat in 1993 in die Big Bayou Canot-treinramp ontspoor het, en het soms eerstehandse weergawes van die storie gedeel."Train Wreck". Ligonier Ministries. Op 13 Mei 2023 herwin.

Loopbaan Ligonier Ministries bied elk jaar verskeie teologiese konferensies aan, insluitend die hoofkonferensie in Orlando, FL, waar Sproul een van die hoofspreekers was."Conferences". Ligonier Ministries. Op 13 Mei 2023 herwin. Sproul het as medepastoor gedien by Saint Andrew's Chapel, 'n gemeente in Sanford, Florida."Dr. R.C. Sproul". Saint Andrew's Chapel. Argief van oorspronklike op Junie 25, 2008. Op 13 Mei 2023 herwin."Dr. R.C. Sproul – The Founder and President of Ligonier Ministries". Ligonier Ministries. Op 13 Mei 2023 herwin. In 1965 is hy as ouderling in die Verenigde Presbiteriaanse Kerk in die VSA (UPCUSA) georden, maar het die denominasie omstreeks 1975 verlaat en by die Presbiteriaanse Kerk in Amerika (PCA) aangesluit. Hy was ook 'n raadslid van die Alliansie van Belydende Evangeliedienaars.

Sproul was 'n groot voorstander van Calvinisme in sy verskeie menigte, druk-, oudio-, en videopublikasies, en het die Thomistiese (klassieke) benadering tot Christelike apologetiek voorgestaan. 'n Dominante tema in sy "Renewing Your Mind" lesse was die heiligheid en soewereiniteit van God. Sproul was 'n voorstander van hoofbedekkings in die kerk omdat die ordinansie "gewortel en gegrond is in die skepping".Sproul, R.C. "Do Paul's instructions about head coverings apply today, since he appeals to creation, not culture?". Ligonier Ministries. Op 13 Mei 2023 herwin.Barth, Paul J. (Julie 15, 2019). "Head Coverings in Worship?". Purely Presbyterian. Op 13 Mei 2023 herwin. R.C. Sproul writes, "The wearing of fabric head coverings in worship was universally the practice of Christian women until the twentieth century." Incidentally, I remember talking with my mother some years back, and she told me that when she went to church as a little girl, she and her sister wore hats to church. And she was not Presbyterian – that was the case across all American Christianity. "What happened?" Sproul asks, "Did we suddenly find some biblical truth to which the saints for thousands of years were blind? Or were our biblical views of women gradually eroded by the modern feminist movement that has infiltrated the Church of Jesus Christ which is 'the pillar and ground of the truth' (1 Tim. 3:15)?""

Sproul was 'n kritikus van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy het die 1994 ekumeniese dokument "Evangelicals and Catholics Together" aan die kaak gestel."Books: Betraying the Reformation?", Christianity today, Oktober 7, 1996

In 2003 is 'n Festschrift ter ere van hom gepubliseer. After Darkness, Light: Essays in Honor of R.C. Sproul () het bydraes van Robert Godfrey, Sinclair Ferguson, O. Palmer Robertson, Michael Horton, Douglas Wilson, John F. MacArthur en Jay E. Adams ingesluit.

Gesondheid en dood Sproul het op 18 April 2015 'n beroerte gehad en is in die hospitaal opgeneem."Postponed: A Google Hangout with John MacArthur and R.C. Sproul" (Press release). Ligonier Ministries. April 21, 2015. Op 13 Mei 2023 herwin. Vyf dae later, op 23 April, is hy ontslaan sonder nadelige gevolge. Hy is egter gediagnoseer met 'n diabetiese toestand wat "aangespreek sou word deur dieet en gereelde mediese aandag." Hy is op 2 Desember 2017 weer weens moeilike asemhaling as gevolg van 'n oënskynlike infeksie en 'n "verergering van sy emfiseem as gevolg van die griep" (nie longontsteking nie) in die hospitaal opgeneem."An Update on Dr. Sproul's Health" (Press release). Ligonier Ministries. Desember 12, 2017. Op 13 Mei 2023 herwin.

Na 'n tydperk van 12 dae met onderbroke koors, verdowing, en ventilator-ondersteunde asemhaling in 'n poging om sy asemhalingsfunksie te herstel, is hy op 14 Desember 2017 op die ouderdom van 78 oorlede."Dr. R.C. Sproul, Called Home to the Lord". Ligonier Ministries. Op 13 Mei 2023 herwin."RC Sproul Dies at 78". The Christian Post. Desember 14, 2017. Op 13 Mei 2023 herwin.

Publikasies Sproul is bekend vir boeke soos "The Holiness of God", "Essential Truths of the Christian Faith", en "What Is Reformed Theology?" Hy is ook bekend vir "Chosen by God", 'n boek oor voorbestemming en die soewereiniteit van God."A Letter to the Church from R.C. Sproul (1939-2017), His Theology, and His Work in the Gospel". The Exchange | A Blog by Ed Stetzer. Op 13 Mei 2023 herwin.

Sproul het deur Ligonier Ministries se konferensies en die "Renewing Your Mind" radio-uitsending verskillende oudio- en videolesings oor die geskiedenis van filosofie, teologie, bybelstudie, apologetiek, intelligente ontwerp en die christelike lewe gelewer. Boonop het Sproul meer as 100 boeke en 'n menigte artikels vir evangeliese publikasies geskryf."R.C. Sproul's Book Release Schedule". Ligonier Ministries. Op 13 Mei herwin.

Hy het die 1978 Chicago-verklaring oor bybelse onfeilbaarheid geteken, wat die onfeilbaarheid van die Bybel bevestig, en hy het 'n kommentaar op daardie dokument geskryf, naamlik "Explaining Inerrancy". Hy het ook as die algemene redakteur van die "Reformation Study Bible" () opgetree, wat in verskeie uitgawes en vertalings verskyn en ook bekend staan as die "New Geneva Study Bible". Hy was ook die uitvoerende redakteur van die tydskrif "Tabletalk".

Gepubliseerde boeke Moses and the Burning Bush (2018) The Legacy of Luther (2016) met Stephen J. Nichols en ander The Knight's Map (2016) Everyone's a Theologian: An Introduction to Systematic Theology (2014) The Promises of God (2013) God's Love: How the Infinite God Cares for His Children (2012) Are We Together: A Protestant Analyzes Roman Catholicism (2012) The Work of Christ: What the Events of Jesus Life Mean for You (2012) The Donkey Who Carried a King (2012) The Barber Who Wanted to Pray (2011) Unseen Realities: Heaven, Hell, Angels, and Demons (2011) The Prayer of the Lord (2009) The Prince's Poison Cup (2008) The Truth of the Cross (2007) Truths We Confess: A Layman's Guide to the Westminster Confession of Faith Volume 3: The State, The Family, The Church, and Last Things (2007) Truths We Confess: A Layman's Guide to the Westminster Confession of Faith Volume 2: Salvation and the Christian Life (2007) Truths We Confess: A Layman's Guide to the Westminster Confession of Faith Volume 1: The Triune God (2006) The Lightlings (2006) How Then Shall We Worship? (2006 as A Taste of Heaven; gehersien 2006) Running the Race: A Graduate's Guide to Life (2003) Defending Your Faith (2003) The Dark Side of Islam (2003) met Abdul Saleeb Five Things Every Christian Needs to Grow (2002) Saved from What? (2002) When Worlds Collide: Where is God? (2002) What's in the Bible? (2001) Loved By God (2001) The Consequence of Ideas (2000) In the Presence of God (1999) Getting the Gospel Right: The Tie That Binds Evangelicals Together (1999) A Walk with God: Luke (1999) The Last Days According to Jesus (1998) What is Reformed Theology (1997 as Grace Unknown; gehersien 2005) Willing to Believe: Understanding the Role of Human Will in Salvation (1997) The Priest with Dirty Clothes (1997; gehersien 2011) Now, That's a Good Question! (1996) The Invisible Hand (1996, gehersien 2003) Choosing My Religion (1996) Ultimate Issues (1996) Before the Face of God Volume 4: A Daily Guide for Living from Ephesians, Hebrews, and James (1996) Reformation Study Bible (1995 as New Geneva Study Bible; gehersien 1998, 2005, 2015) as algemene redakteur gedien The Unexpected Jesus (1995 as The Mighty Christ; gehersien 2005) Faith Alone (1995; gehersien 2016) The Purpose of God: An Exposition of Ephesians (1994; gehersien2006) Not a Chance: God, Science, and the Revolt against Reason (1994; gehersien 2014) met Keith Mathison Before the Face of God Volume 3: A Daily Guide for Living from the Old Testament (1994) The Gospel of God: An Exposition of Romans (1994 gehersien 1999) Before the Face of God Volume 2: A Daily Guide for Living from the Gospel of Luke (1993) Doubt and Assurance (1993) The Soul's Quest for God: Satisfying the Hunger for Spiritual Communion With God (1993; gehersien 2003) Before the Face of God Volume 1: A Daily Guide for Living from the Book of Romans (1992) Essential Truths of Christian Faith (1992) Following Christ (1991) kombinasie van voorheen gepubliseerde boekies getiteld: Who Is Jesus? (1983), Ethics and the Christian (1983), God's Will and the Christian (1984), and Effective Prayer (1984). The Mystery of the Holy Spirit (1990; gehersien 2009) Abortion--A Rational Look at an Emotional Issue (1990; gehersien 2010) The Glory of Christ (1990; gehersien 2003) Surprised by Suffering (1989; gehersien 2009) Pleasing God (1988; gehersien 2012) Discovering God Who Is (1987 as One Holy Passion; gehersien 1995 en 2003 as The Character of God en 2008 as Discovering God Who Is) Lifeviews: Make a Christian Impact on Culture and Society (1986)