Alfred (Fred) Sinowatz (Neufeld an der Leitha, 5 Februarie 1929 - Wene, 11 Augustus 2008) was die bondskanselier (regeringshoof) van Oostenryk van 1983 tot 1986. Hy was lid van die SPÖ, die Sosiaal-Demokatiese Party van Oostenryk. Van 1971 tot 1983 was hy bondsminister van Onderwys en Kultuur.

Sinowatz het geskiedenis, Duits en kommunikasiewetenskap gestudeer. Hy het altyd in die Burgenland gewoon.

Kategorie:Eerste Ministers van Oostenryk Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2008