Phylica linifolia is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van Pringlebaai tot by die Houwhoekberge voor en is deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km². By twee subpopulasies neem die plant se getalle af weens ontwikkeling aan die kus en kompetisie van indringerplante.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
linifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika