Phylica thunbergiana is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Moorreesburg tot by Stellenbosch voor. Die plant is deel van die renosterveld en fynbos-biome. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 500 km² en daar is slegs tien gefragmenteerde subpopulasies oor, 95% van sy habitat in die renosterveld het verlore gegaan aan gewasverbouing en stedelike ontwikkeling.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

thunbergiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika