Die bukshardeblaar (Phylica oleifolia) is 'n meerjarige, blomdraende struik of boom wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom vanaf die suidelike Namakwaland tot by Worcester voor en is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo-biome.
Die boom se FSA-nommer is 453.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die plant het verskeie plaaslike name: blinkhardebos, dasbos, dassiebos, hardeblaar, hardebos, hardepeertjie, lepelbos en ysterbos.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
oleifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika