duimnael|300px|Toskaanse huis naby Florence duimnael|300px|Die idilliese Toskaanse platteland, Italië duimnael|300px|Castiglione d'Orcia, Siena, Toskane, Italië duimnael|300px|Die Toskaanse herinnering wat jy graag saam met jou wil terugneem.(foto: Charmedhawk1) Die Toskaanse huis, Toskaanse villa, Toskaanse boustyl of case rurali toscane, case coloniche toscane of casolari toscani, is oorspronklik 'n landbounedersetting, wat in die verlede byna altyd aan deelboerdery gekoppel is, en onmiskenbaar deel uitmaak van die idilliese afgeleë Toskaanse platteland.

Die Toskaanse woning het ongelukkig in Suid-Afrika ook 'n negatiewe persepsie in die vroeë 2000's onder veral die Afrikaanse akademici en argitekte begin kry, weens die verswelgende en die eentonige massaverbouings daarvan in die voorstede, as behuisingtipe vir die middelklas of hoërinkomstegroepe (soos te vinde by sekuriteitskomplekse), maar meestal omdat die Toskaanse huis die simbool geword het vir iets wat oneie aan Suid-Afrika is, en tekenend is van die onbesonne verbruikerskultuur.

Algemene kenmerke in Italië Oor die algemeen kom die Toskaanse plaashuis voor op 'n plasie, landgoed of hoewe. Danksy die geskikte ligging van die woning op die plaas kon die hele familie of gesin by die boerdery betrek word, en die plaas sodoende optimaal benut. Hierdie huise is vernaamlik uit klip of met gepleisterde mure gebou, byna altyd twee of meer verdiepings hoog, met 'n dak wat met die kenmerkende keramiekteëls bedek is. Die opstal (die huis en bygeboue) moes aan al die behoeftes kon voldoen wat die plaas gestel het: hetsy die teling, hetsy die verbouing, hetsy die gevolglike verwerking ná die oes en slagting van hierdie landbouprodukte.

Langs die huis self tref mens die dorsvloer aan (wat toevallig ook aan die opgrawing van die Villa Boscoreale naby Pompeii herinner, dit is nou uit die Romeinse tyd), waar die verskeie graansoorte gedors is; dié oppervlak is dikwels die enigste area rondom die huis wat met steen geplavei is, maar wel juis daar voor by die hoofgewel van die huis te vinde, aan die suidekant. Daar staan gewoonlik ook een of meer bome, soos die okkerneuteboom, wat in die somermaande vir die skadu moes sorg. Onthou: in Suid-Afrika kyk die huise noord om die meeste son te kry, in die noordelike halfrond, Italië, kyk die huise suid. Opvallend genoeg is die balkonne op die plase eerder die uitsondering as die reël. Altyd langs die huis is daar dikwels 'n omheinde buitehof aangetref, waar pluimvee aangehou is en die swaarder landbougereedskap gebêre is. Dit het later veral in die Middeleeue en daarna in onbruik geraak. Behalwe die koeistal (bubilia in Latyn) en die perdestal (equilia in Latyn) het die inwoners van die Villa Boscoreale in die Romeinse Tydperk ook maar altyd gepoog om die hoenderhok so naby as moontlik aan die kombuis te bou, want die mense het destyds geglo dat rook vir die pluimvee goed was.De Glorietijd van het oude Rome. 1963. Vertaal uit: Tutto su Roma antica. Den Haag: W. Van Hoeve. bl. 114 Tye verander egter. By die Toskaanse opstal vind ons dit nou totaal anders: daar sal mens die hoenderhok, die varkhok en die stal vir groter vee eerder in die bygeboue aantref, dikwels aan die noordekant, of die hokke is eenvoudig op ander maniere prakseer.

By die opstal self is 'n opvallende kenmerk die duiwetorinkie (colombaia in Italiaans). In die duiwetorinkie het die duiwe gebroei en aangeteel – vir die pot, natuurlik – en die duiwemis (colombina in Italiaans) is vir ryke kunsmis opgevang, sekerlik een van gewildste bemestingstowwe uit die hemel. Aanvanklik staan hierdie broeiplek daar eenkant, maar dit kry later die klassieke vorm van die torinkie wat op die dak van die huis aangebring is. Op die plaas vind mens ook die bakoond (om brood mee te bak), die put, of seldsamer nog, die sisterne – d.w.s. die onderaardse reënput, 'n put waarin die reënwater opgevang is (weliswaar die voortsetting van die afvoerplek van die impluvium in die ou Romeinse domi (huise) of villas (landhuise)) . Daar is ook een of meer hutte naby die boerehuis of binne die veld wat tydelik skuiling vir die werkers tydens onweer kon bied, of 'n plek om plaasgereedskap of -produkte in te bêre.

Soms was daar wynperse en olyfmeulens, en soms selfs ook die oond om vye mee te droog, soms in spesiale geboue wat daarvoor opgerig en ingerig is, maar meermaal in 'n kamer wat grens aan die boerehuis self. Kortom: alles omtrent die Toskaanse huis het dus oorspronklik 'n praktiese funksie gehad wat teruggevoer kan word na die landbou. En hierdie huise is gebou en spontaan aangepas soos nuwe behoeftes en begeertes ontstaan het.

Maar belangrik: Tydens die bewind van die Groothertog Pietro Leopoldo het die werkershuisies vir die Lorenese-dinastie 'n vraagstuk geword. Teen die middel van die 18de eeu was daar nogal heelwat plaashuisies wat feitlik onleefbaar was. 'n Verslag uitgereik in 1769 bring die haglike omstandighede op die Altopascio-plaas aan die lig, wat deel uitmaak van die eiendom van niemand anders nie, as sy Groothertog self. Pietro Leopoldo is deur die ellende van sy plaasarbeiders aangegryp; en stellig moes planne beraam word om die behuisingsprobleem van die deelboere op sy Regie Fattorie (Koninklike Plase) op te los.Case di campagna. 1997 (Vol. 65). La casa colonica toscana. Italia: Di Baio Editore

Met vergunning van die Groothertog aangaande die “plaashuis-vraagstuk”, volg 'n eeu van briewe, opstelle, memoires en maatreëls uit die pen van landbouskrywers, argitekte, afgevaardigdes en selfs kerklui, met laasgenoemde wat hul oor die sedelike uitwerking van die probleem verknies het. Dit is ook dan geen toeval dat die kartograaf Ferdinando Marozzi, 'n edelman uit Colle, 'n werkstukkie in 1770 geskryf het waar hy al die vernaamste kenmerke van die Toskaanse huis neergepen het en 'n paar verbeteringe aan die hand gedoen het nie. Dit kon later as 'n soort bloudruk dien. In teenreaksie op hierdie menselyding is daar gehoop, in die gees van die Verligting, dat vir die deelboere/bywoners/plaaswerkers ("lavoratori") beter behuising tot groter werkstevredenheid en dus groter produksie sou lei.

Die slagspreuk was: "la buona casa fa buono il contadino", 'n goeie huis maak 'n goeie boer. Daar is aangevoer hoe gelukkiger die boer, hoe yweriger en gehoorsamer sal hy wees; daardeur sal die boerdery dubbel soveel wins maak as deur iemand wat deur ellende en armoede onderdruk word.Giornale agrario Toscano, Volume 2 In der waarheid kon heelwat deelboere nie aan hierdie maatskaplike eksperiment meedoen nie; daarvoor was die opbrengs en drakrag van die plasies eenvoudig te min; die tegnologie en moderne landboumetodes het nog ontbreek. Slegs die groot plase, wat beter georganiseerd was en oor vrugbaarder grond beskik het, kon die aanbou van hierdie “moderne huise” finansier, mits die grondeienaars wel dieselfde “verligte” idees as die publikasies gekoester het.

Eers teen die middel van die 19de eeu, toe die huise in Chianti van deelboerdery begin oorgaan na kapitalisme (geraak deur die landbourewolusie dwarsoor die res van Europa), en meer wins gemaak is, kon die modernisering en die aanbou van die “kultus”-status Toskaanse huise eers teen die einde van die 1800’s daadwerklik geskied, al het die aanvang 'n eeu tevore begin. Hierdie keer is daar nie meer losstaande bygeboue nie, alles is nou een. En daarom kan hierdie “ex-novo” tipe huise gewoonlik uitgeken word aan die vierkantige bloktipe.

Waar die loggias (dit is, die oordekte suilegange) op die boonste en grondverdieping ingebou word, is die groot boë daar om genoeg lig te verskaf. Die loggia op die boonste verdieping was geen noodsaaklikheid nie, en dikwels weggelaat. Bygesê, die boonste loggia word in die meeste gevalle aangetref by huise wat nuut gebou is, en nie bygelap is nie. Gewoonlik het die loggias twee boë sowel op die grondverdieping as op die boonste verdieping, maar dit kan verminder word na een op elke vlak, of vermeerder word tot drie of meer boë per vlak.

Laastens moet opgemerk word dat die Toskaanse huis steeds inspirasie gaan put het by die villas of huise in die Italiaanse stad of op die vernaamste landgoed (van die 16de eeu en ouer), en die vorm wat die Toskaanse villa sou aanneem, gaan waarskynlik afhang watter stad/vername landgoed die naaste was en wie die vernaamste argitek in daardie naaste stad die vorige paar eeue was. Byvoorbeeld, as die plaas naby Florence geleë is, dan vind mens in die Toskaanse villa trekke van die Renaissancetradisie van Michelozzo of Buontalenti.

Die pleister is aangewend soos dit prakties nodig was. Dit moet keer dat die stene deur die weersinvloede verbrokkel. Ook hier wissel die aanwending daarvan van plek tot plek: dit is byna sonder uitsondering te vinde in Val di Pesa, meer sporadies in Val di Greve, en wil-wil heeltemal verdwyn in die ou Lega del Chianti, waar die gebruikte ruwe steen (pietra alberese, ’n baie sterk en geharde tipe kalksteen) aansienlik meer bestand is teen die elemente.

Kritiek op namaaksels Suid-Afrika duimnael|750px|Toskaanse namaaksels in Waterkloof, Pretoria (foto:Hendrik van den Berg) Ora Joubert Op 18 November 2004 het prof. Ora Joubert groot polemiek in die Afrikaanse koerante ontketen met haar intreerede as nuwe hoof van die Departement Argitektuur, aan die Universiteit van Pretoria. Sy word veral onthou as die professor wat nie alleen argitekte nie, maar ook ontwikkelaars, versekeringsmaatskappye, tersiêre instellings, ambassades, plaaslike en sentrale regerings aangevat het, asook elkeen wat 'n Toskaanse huis laat bou. Dit gaan vir haar oor die langtermynverantwoordelikheid teenoor die beboude omgewing, maar ook die vestiging van 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse argitektuurBurger, L. 2005. Die onwillige profeet. Insig, Maart: 22-26. 10 jaar na die aanbreek van die Suid-Afrikaanse demokrasie sê sy:Joubert, O. 2004. Om argitektuur te ‘pleeg’ – die diskrepansie tussen die akademie en die praktyk. Die Vrye Afrikaan, 2 Desember.

Sy gee 'n kort oorsig van die argitektuurneigings in Suid-Afrika oor die afgelope dekades en kritiseer die plaaslike argitekte wat nie by gemeenskapsbehuising betrokke wil raak nie. En volgens Joubert tel Suid-Afrikaanse stede "onder die onooglikste in die wêreld". En dan, die eintlike afdeling wat 'n aar raakgeboor het en die openbare debat aan die gang gesit het:

Le Corbusier het in 1936 aan die Suid-Afrikaanse argitekte omtrent hul modernistiese inslag geskryf: "... 'n mens verstom jou om iets so lewendigs in daardie uithoek van Afrika, doer anderkant die oerwoud, aan te tref. Bowenal omdat jy soveel jeugdige geloof daarin vind, so 'n liefde vir die boukuns, so 'n vurige begeerte om te geraak tot 'n ware begrip van die dinge." Bierman, B.E. 1955. "Boukuns in Suid-Afrika". Kaapstad: A.A. Balkema, p. 96

Joubert as navolger van Anton van Wouw en Gerard Moerdijk Of dit nou in die 20ste eeu of die 21ste is, Joubert se woorde vind weerklank in Anton van Wouw en Gerard Moerdijk se standpunte, omtrent 85 jaar tevore. Die volgende probleme skryf die beeldhouer Anton van Wouw oor die kerkbou, ook as voorwoord in dieselfde boekie: Moerdijk, G. 1919. Kerkgeboue vir Suid-Afrika. Johannesburg: Selfgepubliseerd.