duimnael|400px|Kaart van Transkontinentale lande:

'n Transkontinentale land is 'n land wat oor meer as een kontinent streek.

Voorbeelde van transkontinentale lande

Afrika en Asië Egipte – lê in Afrika en Asië, Sinai is geskei deur die Suezkanaal. Jemen – lê in Asië, verskillende eilande (o.a. Sokotra) is in Afrika.

Afrika en Europa Portugal – vasteland in Europa en Madeiraeilande in Afrika. Spanje – vasteland in Europa, Ceuta, Melilla en Kanariese Eilande in Afrika.

Asië en Europa duimnael|Die konvensionele grens tussen Europa en Asië, groen Europa en pers Asië. Armenië – lê in Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa. Azerbeidjan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa. Siprus – lê in Asië, maar is geopolities en kultureel Europees. Georgië – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies, Eurovisie sangfees en is 'n lid van die Raad van Europa. Kasakstan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is 'n kandidaat-lid van die Raad van Europa. Rusland – lê in Europa en Asië. Turkye – lê in Europa en Asië, geskei deur die Bosporus.

Asië en Oseanië Indonesië – lê in Asië, oostelike deel is volgens sommige definisies deel van Oseanië. Oos-Timor – lê in Asië, maar kultureel geassosieer met Oseanië.

Europa en Noord-Amerika Denemarke – vasteland in Europa en Groenland in Noord-Amerika. Koninkryk der Nederlande – vasteland in Europa (Nederland) en Amerika (Aruba, Curaçao en Sint Maarten).

Noord- en in Suid-Amerika Chili – lê in Suid-Amerika en Oseanië (Paaseiland), maak ook aanspraak op 'n deel van Antarktika. Guyana – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie. Panama – lê in Noord- en Suid-Amerika, is geskei deur die Panamakanaal. Suriname – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.

Globaal Frankryk – vasteland in Europa, Mayotte en Réunion in Afrika, Clipperton, Guadeloupe, Martinique, Saint Barthélemy, Saint-Martin, Sint Pierre en Miquelon in Noord-Amerika, Frans-Polynesië, Nieu-Kaledonië, Wallis-en-Futuna in Oseanië en Frans-Guyana in Suid-Amerika. Verenigde Koninkryk – vasteland in Europa, Akrotiri en Dhekelië in Asië, Britse Indiese Oseaan Gebied en Sint Helena in die Indiese Oseaan, Anguilla, Bermuda, Britse Maagde-eilande, Kaaimanseilande, Montserrat, Turks en Caicos-eilande in Noord-Amerika, Pitcairneilande in Oseanië, Falklandeilande, Suid-Georgië en de Suidelike Sandwicheilanden in Suid-Amerika. Verenigde State van Amerika – vasteland, Amerikaanse Maagde-eilande, Navassa, Puerto Rico in Noord-Amerika, Amerikaans-Samoa, Baker-eiland, Guam, Howland-eiland, Jarvis-eiland, Johnston-atol, Kingman-rif, Midway-atol, Noordelike Mariana-eilande, Palmyra-atol en Wake-eiland in Oseanië.

Kategorie:Geografie Kategorie:Kontinente