Die Real Housewives van die Wynlande (of RHOWL) is ‘n realiteitsreeks wat ‘n eksklusiewe kykie gee en die lewens volg van 6 unieke, interessante en dinamiese vroue van die Wynlande en hul weelderige leefstyle. Die reeks het op 20 April 2023 begin op kykNET, DStv kanaal 144.
Hierdie reeks is in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm.
The Real Housewives-franchise het in Maart 2006 sy debuut in Amerika met The Real Housewives of Orange County gemaak. Intussen is daar elf verskillende reekse in Amerika vervaardig met 21 internasionale weergawes waaronder reekse in Durban, Johannesburg en Kaapstad. Die Real Housewives van Pretoria, wat in Oktober 2022 op kykNET begin het, was die eerste reeks van hierdie intriges in Afrikaans.
Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings ontvang. https://www.dstv.com/kyknet/af-za/program/die-real-housewives-van-die-wynlande
Rolverdeling +Rolverdeling vir Die Real Housewives van die WynlandeHousewivesReeks1Amy Kleinhans-Curd colspan="1" Anita Lloyd colspan="1" Candice Bester colspan="1" Karen Schwendtke colspan="1" Mariska Thorpe colspan="1" Michelle van Zyl colspan="1"
Episodes Seisoen 1 (2023)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse