Cleretum clavatum is 'n klein eenjarige plant in die familie Aizoaceae en is deel van die strandveld en fynbos plantegroei. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Hopefield tot by die Kaapse Vlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1 855 km² en slegs tien subpopulasies is nog oor. Gewasverbouing en ontwikkeling het groot gedeeltes van die plant se habitat vernietig. Indringerplante en verdere ontwikkeling is steeds bedreigings.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
clavatum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika