Humewood is 'n voorstad van Gqeberha, in Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit aan die kus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die voorstad is ongeveer 3 km suidoos van die stadsaal, noordoos van Fairhaven en Forest Hill. Dit is in 1860 aangelê op 'n deel van 'n plaas wat aan die Voortrekkerleier Piet Retief behoort het, en genoem na 'n pionier genaamd Hume, wat dryfsand herwin het deur die aanplant van portjacksonbome.Raper, Peter: Plekname van Suider-Afrika. p. 287. Protea Boekhuis. Pretoria. 2020.

Verwysings

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Kategorie:Voorstede van Port Elizabeth