Mardoek of Marduk (, dAMAR.UTU; Sumeries: amar utu.k, "kalf van die son"; Hebreeus: מְרֹדַךְ, Merōḏaḵ) was 'n god van antieke Mesopotamië en beskermingsgod van die stad Babilon. Toe Babilon die politieke sentrum van die Eufraatvallei word in die tyd vn Hammurabi (18de eeu v.C.) het Mardoek geleidelik opgang gemaak as die hoof van die Babiloniese panteon, 'n posisie wat hy ten volle beklee het teen die tweede helfte van die tweede millennium v.C.Jesaja 39, 2 Konings 20:12, Jeremia 50:2 In Babilon is hy in die tempel Esagila aanbid. Mardoek se simboliese dier en dienskneg is die draak Mušḫuššu, wat hy vroeër verslaan het.
"Mardoek" is die Babiloniese vorm van die naam. Die naam is Maroetoek uitgespreek. Die etimologie van die naam is moontlik afgelei van amar-Oetoe ("onsterflike seun van Oetoe" of "bulkalf van die songod Oetoe").
Teen die bewind van Hammurabi het Mardoek astrologies verbind geraak met die planeet Jupiter.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mesopotamiese gode