Thijs Antonneau (gebore 25 Oktober 1997) is 'n Belgiese akteur en sanger.
Lewe en loopbaan Antonneau het bekend geword vir die rol van Vincent in die D5R-reeks. Hy het die rol op die ouderdom van sestien gekry tydens 'n oudisie met meer as 300 jongmense. Vyf jongmense is uit dié 300 gekies: Sander Provost, Jamie-Lee Six, Thijs Antonneau, Angela Jakaj en Liandra Sadzo. Saam met sy mede-akteurs het hy die Beste Ketnet-reeks-toekenning by die gala van die goue K's 2014 gewen.
Antonneau het sy eerste enkelsnit Take It Out in Januarie 2016 bekendgestel onder sy eerste verhoognaam "Blue". Vanaf 2017 het hy voortgegaan onder die verhoognaam 'T.J', waar die twee letters vir "Thijs Jules" staan.
Filmografie Televisie D5R (2014-2022) Ketnet-reeks Trollie Nachtwacht Just Like Me! (2016) Secrets (2018) Thuis (2018) Instaverliefd (2019)
Film D5R: de film (2017) Booster (2014)
Stem akteur Urbanus: De vuilnisheld (2019)
Verwysings
Eksterne skakels Thijs Antonneau by IMDb
Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Belgiese manlike akteurs Kategorie:Belgiese sangers