thumb|240px|Die boer van die vier verskillende kleure of soorte van Franse of Britse kaarte, met die skoppensboer bo.
'n Boer (Engels: Jack, Knave of in sommige speletjies Bower) is 'n speelkaart wat in tradisionele Franse en Engelse pakke kaarte 'n man uitbeeld in die tradisionele of historiese klere van 'n aristokraat wat gewoonlik met 16de- of 17de-eeuse Europa verbind word.
Gewoonlik val die waarde van die boer tussen dié van die 10 en die vrou (of dame, koningin).
Verteenwoordiging In die Engelse patroonEnglish pattern by die International Playing-Card Society. Besoek op 26 Januarie 2016. verteenwoordig die boer en ander prentkaarte niemand spesifieks nie,Berry, John. (1998). "Frequently asked questions". The Playing-Card. Vol. 27-2. pp. 43-45. in teenstelling met die historiese Franse praktyk waarin elke prentkaart 'n spesifieke historiese of mitologiese figuur verteenwoordig het.Games and Fun with Playing Cards deur Joseph Leeming by Google BooksThe Four King Truth by die Urban Legends Reference PagesCourts on playing cards, deur David Madore, met illustrasies
In sommige Suid-Italiaanse pakke is daar androgiene "boere" wat soms "meisies" genoem word. In die Sisilaanse tarotpak is die "boere" ook vroulik.Tarocco Siciliano, early form by die International Playing-Card Society. Besoek op 26 Januarie 2016. Omdat dié pak ook vroue insluit, is dit die enigste tradisionele pak kaarte wat tot in moderne tye behoue gebly het met twee range vroue. Dié pak is beïnvloed deur die ou Portugese pak, wat ook meisies ingehad het. Die moderne Mexikaanse pak het ook vroulike "boere".Scotoni, Ralph. Mexican Pattern by Alta Carta. Besoek op 26 Januarie 2016.
Voorbeelde Die kaarte hier onder is van die Paryse patroon (waar die rang as valet bekend is). Die prentkaarte verteenwoordig historiese en mitologiese figure. Die Engelse patroon kan regs boaan dié artikel gesien word.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Speelkaarte