Die jaar 1328 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 28ste jaar van die 14de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Gebeure 14 April – Koning Lodewyk van Beiere sit Pous Johannes XXII af en stel Teenpous Nicolaas V aan. (Britannica gee 18 April). 1 Mei – Verdrag van Edinburgh-Northampton – Engeland erken Skotland as 'n onafhanklike nasie na die Oorloë van Skotse Onafhanklikheid. 15 Mei – Teenpous Nicolaas V stel 6 pseudo-kardinale aan waaronder Giacomo Alberti, biskop van Castello. 22 Mei – Teenpous Nicolaas V gekroon. 27 Mei – Philip VI word gekroon as Koning van Frankryk

Geboortes 25 November - Pedro de Luna (later Teenpous Benedictus XIII).

Sterftes

Kategorie:14de eeu