At-Tûr (Arabies: الطور, "Die Berg") is die 52ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 49 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die soera se naam kom uit vers 1.

Opsomming Die soera begin met God se eed by die berg,Q52:1, 50+ vertalings, islamawakened.com wat sommige glo die berg Sinai is, waar die Tawrat (Tora) aan Moses onthul is.

Die soera handel oor baie van die argumente wat die ongelowiges van Mekka teenoor Mohammed opper (vanaf vers 29). Die vreugde van die gelowiges in die hemel word gestel teenoor die lyding in die hel. Die Profeet word gevra om die tyd geduldig af te wag om sy boodskap oor te dra, en te wag vir God se oordeel. God sweer, onder meer by die berg, dat die oordeelsdag sal kom.Surah At-Tur (volledige Arabiese teks met Engelse en Franse vertaling); besoek op 25 November 2014.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran