duimnael|regs|160px|Springbokkie Die Springbokkie (dus 'n klein springbok in Afrikaans) is 'n skemerkelkieskieter wat gewild is in Suid-Afrika. Dit word saamgestel uit crème de menthe en Amarula. Die drankie ontleen sy naam aan die land se nasionale dier, en die kleure van die spantruie (groen en goud) van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, wat as "Die Springbokke" bekend staan. Die verhouding van Amarula tot crème de menthe kan aansienlik verskil tussen resepte.
Die Springbokkie-ritueel Sommige deelnemers dring daarop aan dat 'n spesiale ritueel uitgevoer word voordat hierdie skieter gedrink word. Die ritueel behels dat jy albei hande agter jou ore plaas met jou wysvingers wat na bo wys. Jy stamp dan jou voete op die grond, snork deur jou neusgate en gil, soos 'n regte springbok hom in die natuur gedra. Deelnemers laat sak dan hul koppe na die skietglas, tel dit op met hul voortande en slurp die drankie op.
Verwysings
Kategorie:Alkoholiese drank