Al-Ankabût (Arabies: العنكبوت, "Die Spinnekop") is die 29ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 69 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Alief, Laam, Miem. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 41, waarin vertel word mense wat ander gode aanbid, is soos 'n spinnekop, wat die swakste soort huis bou wat daar is.

Volgens die soera het al die profete van God teenspoed gekry. Noag is dikwels gespot en Abraham is in die vuur gegooi. Maar God het die mense vernietig wat oortree het. Soos in vers 40 gesê word:

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran