Ar-Rûm (Arabies: الروم, "Die Romeine") is die 30ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 60 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Alief, Laam, Miem.
In die tyd van Mohammed het die naam "Romeine" verwys na die Oos-Romeinse Ryk; die hoofstuk word dus soms "Die Grieke" of "Die Bisantyne" genoem. Dit verskaf inligting oor hoe die kataklismiese Bisantyns-Sassanidiese Oorlog van 602-628 vir die Arabiere van Mekka gelyk het – belangstellende toeskouers wat nog onbewus daarvan was dat hulle binne 'n generasie die wêreld van imperialisme sou betree en beide die Bisantyne en Sassaniede sou verslaan.
Opsomming Die hoofstuk begin deur die onlangse nederlaag van die Bisantynse Ryk deur die Sassanidiese Ryk in Jerusalem, naby die Dooie See, te noem. Dié nederlaag het 'n aansienlike teologiese en sosiologiese probleem vir die vroeë Moslemse gemeenskap geskep omdat die Bisantyne Christene was, terwyl die Sassaniede, wat hulle verslaan het, Zoroastriste was. Ar-Rum is deels 'n antwoord aan die nie-Moslemse Arabiese Mekkane, wat geglo het die Sassanidiese oorwinning is 'n teken dat die tradisionele politeïstiese praktyke die oorhand sou kry oor die monoteïsme van die Abrahamitiese gelowe.Maḥallī, Jalāl al-Dīn Muḥammad ibn Aḥmad, Suyūṭī en Ṣafī al-Raḥmān Mubārakfūrī. 2002. Tafsīr al-Jalālayn. Riyāḍ: Dār al-Salām. In die derde en vierde vers word die Moslemse gemeenskap belowe dat die Bisantyne Jerusalem binne 'n paar jaar ná hulle nederlaag sou terugverower.Abdel Haleem, M. A. 2004. The Qurʼan. Oxford: Oxford University Press, 257.
Moslems glo dié profesie is bewaarheid met keiser Herakleios se veldtog van 622, toe die Bisantyne die Sassaniede in Anatolië beslissend verslaan het, en noem dit as 'n voorbeeld van die wonderbaarlike aard van die Koran.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran