duimnael|Piktogram wat Tafeltennis aandui duimnael|Twee tafeltennisspelers besig met 'n spel op 'n minitafel in Duitsland

Tafeltennis of pingpong is 'n sportsoort waarin twee of vier spelers 'n ligte, hol balletjie heen en weer slaan met rakette. Die spel vind plaas op 'n harde tafel wat deur 'n lae net in twee helftes gedeel word. Spelers moet sorg dat 'n bal wat in sy rigting gespeel word slegs een keer hop op sy eie helfte van die tafel en moet dit terugspeel sodat dit op die helfte van die opponent hop. Punte word toegeken wanneer 'n speler misluk om die bal terug te speel binne die reëls. Spel is vinnig en verwag goeie reaksietyd. 'n Vaardige speler kan verskeie vlakke van draai aan die bal verleen, wat die trajek van die bal beïnvloed en sodoende die opponent se terugspeelopsies verminder.

Die sport word gereguleer deur die Internasionale Tafeltennisfederasie (ITTF) wat in 1926 gestig is. Sedert 1988 het tafeltennis Olimpiese status, wat vier items insluit. Tussen 1998 en 2004 was die items mans- en damesenkelspel en mans- en damesdubbelspel, maar die dubbels is sedert 2008 met 'n spanitem vervang.

Algemene beskrywing duimnael|'n Standaardgrootte tafeltennistafel, raket en bal Die sport word gespeel deur twee of vier spelers wat 'n bal heen en weer slaan op 'n tafel, soortgelyk aan tennis. Alhoewel die konsep baie ooreenkom, is die reëls egter verskillend. Tydens 'n enkelspel word daar nie verwag van die afslaner om die bal van sy regterhelfte na die regterhelfte van die ontvanger (of links na links) te slaan, soos in tennis nie. Dit word egter tydens 'n dubbelspel verwag dat die afslaner regs na regs of links na links afslaan. Die spoed van die bal kan wissel van stadige afslane met baie draai tot mokerhoue (smash) wat so vinnig as 112,7 kilometer per uur (70 myl per uur) kan beweeg.

Moderne rakette het gewoonlik 'n dun rubberlagie wat die slaanoppervlak van die rakket bedek. Die rubber mag kuiltjies hê wat uitstaan of ingeduik is, asook 'n dun lagie spons tussen die houtkern en die rubberoppervlak. Aangesien draaiballe 'n groot rol speel in moderne tafeltennis, is die samestelling van die rubber en die kombinasie van spons en rubber ontwerp om die hoeveelheid draai op die bal te maksimeer. Ander tegnologiese verbeterings sluit in die gebruik van koolstof of ander sintetiese lae as deel van die slaanoppervlak.

Die wenner is die eerste speler wat 11 punte of meer aanteken wanneer hy voorloop met 2 of meer punte. Spelers ruil afslane na elke twee punte. Wanneer die punte 10-10 (gelykop) is, ruil die afslaan met elke punt; die wenner is dan die een wat 'n voorsprong van twee punte kry. Die 11 punt-wedstryd is 'n verandering van die ITTF wat in 2001 plaasgevind het. Voorheen was die wenner die een wat eerste 21 punte gekry het (tensy gelykop gespeel is, dan moes daar ook 'n voorsprong van 2 punte wees om te wen). Alle wedstryde wat op nasionale vlak en internasionale toernooie (ITTF) gespeel word, word tot 11 punte gespeel in òf die beste uit 5 stelle (uitkloprondtes) òf die beste uit 7 stelle (eindrondtes).

Geskiedenis duimnael|Tafeltennis soos uitgebeeld op 'n posseël van Indië Die sportsoort het sy ontstaan in Engeland as 'n ligte tydverdryf na ete vir aristokratiese Victoriane in die 1880's. Tennis is in 'n binnenshuise omgewing nageaap en gewoonlik het alledaagse huishoudelike items gedien as toerusting. 'n Ry boeke het gewoonlik as net gedien, die geronde kurk van 'n sjampanjebottel as die bal en die deksel van 'n sigaarhouer as 'n raket. Did You Know? "Westside News", 9 April 2008, uitgegee in Brisbane, Queensland, Australië.

Tafeltennis het in Europa, die VSA en Japan tot sy moderne vorm ontwikkel. Die gewildheid van die spel het speletjievervaardigers genoop om toerusting kommersieel beskikbaar te stel. Vroeë rakette was gewoonlik van 'n stuk perkament wat gestrek is oor 'n raam en die geluid wat gemaak is as die balletjie die raket tref, het aanleiding gegee tot die eerste noemname, nl. "wiff-waff" en "ping-pong". Van die eerste kommersiële stelle is in Engeland onder die naam "Gossima" verkoop, maar was nie baie suksesvol nie (die balletjie het nie lekker gebons nie). A Comprehensive History of Table Tennis , deur die ITTF Museum. Besoek op 2 Mei 2010. Die naam "ping-pong" was wyd in gebruik gewees voordat die Engelse vervaardiger J. Jaques & Seun Beperk 'n handelsmerk daarop gesit het in 1901. Die naam "Ping-Pong" is toe gebruik wanneer daar met die duur toerusting van Jaques gespeel is, met ander vervaardigers wat die naam "tafeltennis" gebruik het. 'n Soortgelyke situasie het in die VSA ontstaan waar Jaques of London die regte tot die term "Ping-Pong" aan Parker Brothers verkoop het.

Die volgende groot innovasie was deur James Gibb, 'n Engelse tafeltennisentoesias, wat die nuwe selluloïedballe tydens 'n toer in die VSA in 1901 ontdek het en het gevind dat die balle ideaal is vir die spel. Dit is gevolg deur E.C. Goode wat in 1901 die moderne weergawe van die raket uitgedink het na hy 'n vel bestippelde rubber op die slaanoppervlak van die raket geplak het. Tafeltennis se gewildheid het toegeneem en sedert 1901 word daar steeds tafeltennistoernooie gehou en boeke geskryf oor die spel. Die eerste (nie-amptelike) wêreldkampioenskap is in 1902 gehou. Gedurende die vroeë 20ste eeu is die spel in Rusland verban omdat daar geglo is dat die spel 'n nadelige effek op spelers se sig gehad het. In 1921 is die Tafeltennisvereniging in Engeland gestig en die Internasionale Tafeltennisfederasie het in 1926 gevolg. Londen het die eerste amptelike wêreldkampioenskap in 1927 aangebied en die sport is in 1988 vir die eerste keer by die Olimpiese Spele gespeel.

duimnael|links|'n Spesiale spoedgom word gewoonlik ongeveer 'n halfuur voor 'n wedstryd opgesit In die 1950's is die spel drasties verander deur rakette wat 'n rubbervel met 'n sponslagie daaronder gehad het en sodoende meer draai en spoed verleen het. Dit rakkette is deur S.W. Hancock Beperk, 'n vervaardiger van sporttoerusting, in Engeland vrygestel. Die gebruik van spoedgom het die draai en spoed van die bal verder verhoog, wat verandering aan die toerusting tot gevolg gehad het om die spel stadiger te maak.

Teen die einde van 2000 het die ITTF verskeie reëlveranderings ingestel wat daarop gemik was om tafeltennis meer lewensvatbaar te maak as 'n toeskouersport wat op televisie gebeeldsend word. Eerstens is die ouer 38 mm (1,5 duim) balle amptelik vervang deur 40 mm balle. Dit het die bal se lugweerstand verhoog om die spel stadiger te maak. Teen daardie tyd het spelers reeds die vinnige sponslagie van die raket dikker laat maak, wat die spel buitensporig vinnig gemaak het en dit was ook moeilik om dit op televisie te volg. Tweedens het die ITTF die puntestelsel verander van 'n 21- na 'n 11-punt stelsel, met die doel om die spel meer opwindend te maak. Die ITTF het ook die reëls verander wanneer afgeslaan word om te voorkom dat 'n speler die bal versteek tydens 'n afslaan, om sodoende die algemene lengte van 'n sarsie (houereeks) te verleng en om die afslaner se voordeel te verminder. Variante van die sport het ook al kop uitgesteek. "Grootbal"-tafeltennis gebruik 'n 44 mm bal wat die spel aansienlik stadiger maak. Dit is deur verskeie spelers verwelkom wat dit moeilik gevind het om teen die draai en hoë spoed te kompeteer van die 40 mm bal. Dié bal se massa is 2,46 g.

Daar is 'n beweging wat die outydse tafeltennis (soos voor die era van spons en rubber) wil laat herleef. Klassieke tafeltennis soos Liha (skuurpapiertafeltennis) of spelers wat die "harderaket"-variant verkies, verwerp die draai en spoed van die spons en rubberrakette en verkies die speelstyl van die 1940's tot 1960's, waar daar geen spons teenwoordig is nie, slegs die geribde rubberlaag en waar verdediging makliker is deur die spoed te verminder en enige betekenisvolle magnuseffek van draai uit te skakel. Omdat harderaket-uitklophoue amper onmoontlik is om teen 'n vaardige speler te speel, fokus harderaketwedstryde op die strategiese kant van tafeltennis wat vaardige maneuvrering van die opponent vereis voordat die aanval suksesvol uitgevoer kan word.

Toerusting Bal duimnael|40 mm tafeltennisballe duimnael|Drie verskillende groottes tafeltennisballe Die internasionale reëls van tafeltennis spesifiseer dat die spel gespeel word met 'n ligte 2,7 gram balletjie met 'n deursnee van 40 mm. Dit is die bal wat die meeste gebruik word. Die reëls stel dat die bal teen 'n hoogte van 23 cm behoort te hop wanneer dit van 'n hoogte van 30 cm laat val word, wat beteken dat dit 'n koëffisiënt van restitusie (of "bonserigheid") van 0,88 het. Dit 40 mm bal is na die 2000 Olimpiese Somerspele in gebruik geneem. 'n 40 mm tafeltennisbal is stadiger en draai minder as een van 38 mm. Die bal is gemaak van 'n hooghoppende selluloïed wat met gas gevul is en is gewoonlik wit of oranje met 'n dowwe afwerking. Die kleur van die bal word bepaal deur die kleur van die tafel asook die omgewing waarin gespeel word: dit is byvoorbeeld makliker om 'n wit bal op 'n groen of blou tafel as op 'n grys tafel te sien. Sterretjies op die bal dui die gehalte van die bal aan. Drie sterretjies beteken dit is van die hoogste gehalte en word in toernooie gebruik.

Die volume is mm³. Die oppervlakarea is mm². Die omtrek is mm.

Tafel duimnael|Diagram van 'n tafeltennistafel met die amptelike afmetings Die tafel is 2,74 m (9 vt) lank, 1,525 m (5 vt) breed en 76 cm (30 duim) hoog met 'n Masonietvlak ('n vorm van hardebord) of soortgelyke hout wat met 'n gladde, lae-wrywing bedekking bedek is. Die tafel of speeloppervlak is verdeel in twee helftes deur 'n 15,25 cm-(6 duim) hoë net. Tafeltennis bal regulasies by sizes.com Die kleur van die tafeloppervlak is gewoonlik groen of blou.

Raket duimnael|links|Voorbeeld van 'n tipiese raket Spelers is toegerus met 'n gelamineerde houtraket, ook genoem 'n "spaan", met 'n rubberlaag aan een of albei kante, afhangende van die manier waarop die speler die raket vashou. Die amptelike term wat deur die ITTF gebruik word is "raket".

Tafeltennisregulasies laat verskillende oppervlaktes aan elke kant van die raket toe. Die verskillende tipes oppervlaktes verleen verskillende vlakke van draai aan die bal, of in sommige gevalle skakel dit die draai totaal uit. 'n Speler kan byvoorbeeld 'n laag rubber wat baie draai verleen aan een kant van die raket hê en geen draai aan die ander kant van die raket nie. Deur die raket tydens die spel om te draai word verskillende terugspeelhoue moontlik gemaak. Om 'n speler te help onderskei tussen verskillende tipes rubber wat deur die opponent gebruik word, spesifiseer die internasionale reëls dat die een kant rooi moet wees en die ander kant swart. 'n Speler het ook die reg om sy opponent se raket voor 'n wedstryd na te gaan om te bepaal watter tipe rubber gebruik is en watter kleur dit is. Ten spyte van die vinnige spel en vinnige draaie van die raket kan 'n speler steeds duidelik sien watter kant van die raket gebruik is om die bal te slaan. Huidige reëls bepaal dat, tensy die raket gedurende die spel beskadig word, dit op geen stadium in 'n wedstryd vir 'n ander raket geruil kan word nie.

Die spel Vooraf