Die rankboswilg (Combretum patelliforme) is 'n struik of 'n boom wat aan die familie Combretaceae behoort. Die spesie is inheems aan Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal en Limpopo voor.
In Suid-Afrika word die spesie bedreig deur landelike ontwikkeling en landbou, veral in die noorde van KwaZulu-Natal. Dit is egter veilig in die Krugerwildtuin en die Tembe-olifantpark.
Die boom se FSA-nommer is 534.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
patelliforme Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe