Die valleiboswilg (Combretum stylesii) is 'n struik of klein boompie wat aan die familie Combretaceae behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom in die Tugelavallei voor in 'n 10 km lange gordel. Die spesie word bedreig omrede dit deur die plaaslike bevolking as brandhout verbruik word.
Die boom se FSA-nommer is 545.5.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
stylesii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika