Vir ander mense met dieselfde naam, sien: Natasha Joubert.
Natasha Joubert (gebore 23 Julie 1997) is 'n Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin wat by Time Square in Pretoria as die wenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in 2023 gekroon is (haar tweede probeerslag). Sy is vroeër as Mej. Heelal Suid-Afrika 2020 aangewys en het Suid-Afrika by die Mej. Heelal 2020-kompetisie verteenwoordig, maar was onsuksesvol daarmee.
Vroeë lewe en opvoeding Joubert is op 23 Julie 1997 in Pretoria gebore. Haar pa is oorlede toe sy 'n tiener was, terwyl haar ma, Ninette, 'n finalejaar Baccalaureusgraadstudent was toe Joubert aan die Mej Suid-Afrika 2020 deelgeneem het. Sy is die jongste van drie broers en susters.
Joubert het in Centurion, Gauteng, grootgeword en het aan die Hoërskool Eldoraigne skoolgegaan. Daarna het sy by die Boston City Campus en Business College ingeskryf en 'n Baccalaureusgraad in bemarkingsbestuur in 2020 verwerf. Voor Mej. Suid-Afrika 2020 het Joubert as skakelbeampte vir 'n regsfirma gewerk en is ook die stigter en eienaar van 'n modeontwerpmaatskappy, Natalia Jefferys.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Hoërskool Eldoraigne